Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
(Matthéüs 6:33)
Welkom by die werk van die Suid-Oostelike distrik van die Afrika Evangeliese Bond. Die distrik van die AEB bestaan uit die Suide van Gauteng en die Gert Sibande Distrik in Mpumalanga.
Ons roeping is om die Evangelie van Jesus Christus aan alle mense te verkondig. Dit is ‘n wonderlike voorreg wat die Here vir ons gegee het.

Jan Harm
Labuscagne

Suné
Labuscagne
nuus
16 – 22 September 2019
🙌🏻 Baie dankie vir u gebede vir vandag. Die Here het kom seën waaroor ek baie dankbaar is. Ek het gepreek oor die wil van God in mens se lewe.
Die ergste sondaar is welkom
🙌🏻 Vanoggend lees ek ‘n wonderlike woord in Jeremia 36:3, “Miskien …”. Dit het my soveel hoop gegee. Miskien luister iemand vandag … miskien lees iemand een van my traktaatjies…
Program 8 – 14 September 2019
🙌🏻 Die Here is goed en ons eer Hom! Die preekgeleentheid het vandag goed gegaan. Dankie vir u gebede. Bid asseblief vir die volgende sake: 🌾 Maandag oggend vroeg –
Desperate soeke
🙌🏻 Die Here was getrou om my vandag te lei. Baie dankie vir u gebede. 🌾 Hy was so maar soos ek lanklaas iemand gesien het. Ek het virr hom
16 Augustus 2019
🙌🏻🙌🏻🙌🏻 Ons dank die Here dat u by ons staan in gebed. Bid asseblief vir die volgende: 🙏🏻 Die pelgrims gaan vandag die trein neem tot by die middestad en
Soveel vrae en soveel seer
Mens eer die Here vir die wonderlike geleenthede wat mens het om ‘n liggie te wees in ‘n donker wêreld meet soveel vrae en soveel seer. Tog is mens se
gebed
Bid asseblief vir die volgende:
As werkers in God se wingerd het ons nodig om daagliks gevoed te word uit die Woord van God. Bid asseblief dat ons nooit so besig sal word dat ons hierdie belangrikste van sake agterweë sal laat nie.
Matthéüs 4:4 Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Dit is die grootste voorreg om in die diens van die Here te mag wees. Ons as gesin het elke dag u gebed nodig dat ons die Here sal dien met ons hele hart. Bid asseblief dat ons kinders die Here sal ken en Hom waarlik sal dien.
Josua 24:14 … ek en my huis, ons sal die HERE dien.
As Evangeliste is dit ons grootste verlange en gebed dat siele vir Jesus sal leer ken as hulle Verlosser. Bid asseblief dat ons rein en heilig sal wandel sodat ons deur die krag van die Heilige Gees ander kan bedien met die Evangelie.
Markus 6:34 En toe Jesus uitklim, sien Hy ‘n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.
Die Here het dit so beskik dat ons in hierdie distrik geplaas is. Bid asseblief dat die Here vir ons sal wys wat Sy plan is vir ons werk in hierdie distrik.
Exodus 26:30 So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.
Of ons preek vir ‘n gehoor van 100 en of ons een tot een met iemand gesels het ons ‘n boodskap uit die hart van God nodig. Bid asseblief vir ons dat ons getrou sal wees om die Here te soek sodat Hy ook Sy boodskap in ons monde kan lê.
1 Thessalonicense 1:5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.
Ons het ‘n roeping om op die strate van die Oos- en Wesrand te gaan om honger en behoeftige siele van Jesus te vertel. Bid asseblief dat die Here ons sal lei na hulle wat Hom waarlik nodig het.
Lukas 14:23 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
Traktaatjies
Trak- taatjies

Die Weg Na God
Evangelieseboekie
Hierdie boekie verduidelik die Evangelie in eenvoudige taal. Dit gee ook wenke vir die persoon wat Jesus as hulle Verlosser aanvaar.
Gawie en Lenie
Kindertraktaatjie
‘n Kosbare traktaatjie wat eenvoudig die Evangelie aan kinders verduidelik





Traktaatjies
Verskeie ander traktaatjies
Ons het ook verskeie ander traktaatjies in Afrikaans en Engels beskikbaar. Hierdie traktaatjies is volkleur en van so ‘n aard dat dit te mooi is vir iemand om weg te wil gooi.
Donasies
Traktaatjies
Ons versprei duisende boekies en traktaatjies elke jaar.
Voertuie
Ons ry duisende kilometers om jaarliks by siele uit te kom.
Familie
Die Here het ons geseën met 'n gesin waarvoor ons baie lief is.