Evangelisasie

Evangelisasie lewe in God se hart

Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Wanneer ‘n mens uitgaan en ‘n siel vertel van die Here Jesus dan vul mens die hart van God met vreugde. Seker een van die grootste redes waarom God Sy geliefde Seun die Here Jesus aarde toe gestuur het was dat verlore siele gered kan word en die ewige lewe kan beerwe. Hoe kosbaar is dit nie.

Evangelisasie

Brakpan Uitreik

Die Here was goed vir ons vandag gewees tydens ons Brakpan uitreik. ‘n Kort getuienis. Ek het twee baie goeie gesprekke gehad waar die mense waarlik hulle nood na ‘n Verlosser gesien het. Daarna het ek heelwat traktaatjies uitgedeel. Skielik voel ek dat ek iewers anders moet wees. Die volgende vrou wat ek voorkeer vertel…

Evangelisasie

Evangelisasie in Vrededorp

Die was ‘n wonderlike voorreg om vandag Evangelisasie in Vrededorp te kon doen. Op die trein na Park stasie kon ons honderde traktaatjies uitdeel en ek het ‘n paar baie goeie gesprekke gehad. Op Park stasie was die leier van SAFTU Zwelinzima Vavi besig om met mense te gesels. Ek het met hom gaan gesels. Ek…

Evangelisasie

Evangelisasie in Nigel

Die Evangelisasie in Nigel het goed gegaan. (Partymaal moet mens net nie te veel dink nie en net doen.) Ek kon met ‘n paar mense gesels en kon baie traktaatjies uitdeel. Dis waarlik wonderlik om die Evangelie te kan uitdra. In 10 minute kon ek met baie vrymoedigheid met 700 leerlinge vanoggend praat. Selfs die…

Evangelisasie

Evangelisasie in Boksburg

Daniel 2:22  Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom. Prys die Here. Ek het vandag tydens ons Evangelisasie in Boksburg die waarheid hiervan ervaar. ‘n Tyd gelede toe dink ek aan ‘n man wat ek twee of drie jaar gelede ‘n paar maal besoek…

Evangelisasie

Duisende traktaatjies

Dankie vir u gebede. Ons kon gister honderde selfs duisende traktaatjies in Johannesburg uitdeel. Vandag het ons oorkant die East Rand Mal kosbare gesprekke gehad. In Meyerton was ek baie opgewonde oor die ontvanklikheid van die mense. Laat middag was ons in Witfiels Boksburg en die Jerusalem plakkerskamp en kon vir honderde mense traktaatjies gee….

Evangelisasie

Straatwerk Oostelike Gedeelte Van Jeppestown

Ons het vandag uitreik gedoen in die meer Oostelike gedeelte van Jeppestown Johannesburg. Ons het afgeklim by die George Goch stasie en geloop tot die Denver stasie. Dit is seker die mees vervalle area waarin ek nog gewerk het. Ek kon heelwat traktaatjies uitdeel en het die voorreg gehad om met baie mense kortliks oor…

Evangelisasie

Wat gaan met jou gebeur as jy sterf

Wat ‘n geseënde dag was vandag nie gewees nie. Ek was verbaas hoeveel Afrikaanse mense in die gebied was waar ons gewerk het. Ek het met ‘n man gepraat. Ek het hom uitgedaag met die vraag, “Wat gaan met jou gebeur as jy sterf?” Met verbasing het hy my geantwoord, “Net laas week het ‘n…

Evangelisasie

‘n Ware Evangelie dag

Vandag was ‘n ware Evangelie dag. Ons het weggetrek vanaf die stasie en kon weer van kompartement na kompartement gaan en ‘n Evangeliese liedjie sing en daarna preek. Ons het dit seker in 8 verskillende kompartemente deur die dag gedoen. Ons het ook opelug gepreek op die Germiston stasie. Dit was ‘n eerste dat ons…

Evangelisasie

Uitreik na Germiston

Ons uitreik na Germiston was baie geseënd gewees. Ek kon heelwat goeie gesprekke gehad het. Bid veral vir Stevan wat ek ernstig kon uitdaag om sy saak met Jesus reg te maak. Hy getuig dat hy in die tronk tot bekering gekom het maar vandat hy uit is het hy teruggeval. Donderdag het ek ‘n…

Evangelisasie

Sy glo nie in God

Ons het ‘n gesprek met ‘n jong dame en vier seuns gehad. Sy het sommer by die vertrek punt gesê sy glo nie in God nie. Ek het haar ‘n paar dinge vertel en haar patent gemaak dat ek weet Jesus lewe want Hy het my radikaal verander by my wedergeboorte. Haar hart was ontvanklik…