Duisende traktaatjies

Dankie vir u gebede. Ons kon gister honderde selfs duisende traktaatjies in Johannesburg uitdeel. Vandag het ons oorkant die East Rand Mal kosbare gesprekke gehad. In Meyerton was ek baie opgewonde oor die ontvanklikheid van die mense. Laat middag was ons in Witfiels Boksburg en die Jerusalem plakkerskamp en kon vir honderde mense traktaatjies gee.

More gaan ons in Kempton Park werk. Die middag ry ons Piet Retief toe en gaan daar laat middag traktaatjies uitdeel. Maandag oggend preek ons by n duitse laerskool en daarna gaan ons Swaziland toe om traktaatjies uit te gaan deel.

Volgende week Donderdag tot Saterdag gaan ek ter voorbereiding van Mnr Keith Daniel se uitreik in Meyerton traktaatjies en uitnodigings uitdeel. Die Sondag begin ons reeks dienste.

Bid asb vir al hierdie geleenthede. Bid vir siele! Bid dat ek by hulle sal uitkom wat soekend is! Baie dankie!

Similar Posts