Evangelisasie in Boksburg

Daniel 2:22  Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.

Prys die Here. Ek het vandag tydens ons Evangelisasie in Boksburg die waarheid hiervan ervaar.

‘n Tyd gelede toe dink ek aan ‘n man wat ek twee of drie jaar gelede ‘n paar maal besoek het. Ek wonder toe hoe dit met hom gaan.

Iewers in die week kry ek ‘n epos van n man wat graag saam met my straatwerk wil doen. Ek het die man ontmoet en gesien dat hy werklik ‘n hart het om die Here te dien. Ek bid toe en wonder waar ons moet gaan (Met ons babatjie wat so naby aan kom is wil ek nie te ver van die huis werk nie.) Ek besluit toe op Boksburg.

Vandag gaan ons twee en doen straatwerk in Boksburg. Ons het regtig goeie gesprekke gehad en kon baie traktaatjies uitdeel. Die man vertel my toe dat hy in hierdie area gebly het nie te lank gelede nie. Hy sê toe sy oom bly nog daar. In ons gesprek vra ek of hy al Keith Daniel se boodskappe gehoor het. Die man sê ja hierdie oom wat in die area bly het Keith Daniel se boodskappe vir hom gegee. Ek besluit toe ek wil graag hierdie oom ontmoet.

Na ons straatwerk gedoen het gaan ons na hierdie oom toe en toe ek by die deur instap toe sê die oom, “Ek ken jou! Jy het ‘n paar jaar gelede my besoek.” Dit is toe die man waaroor ek gewonder het hoe dit met hom gaan.

Ek het nou die geleentheid om die oom weer op te volg. Die Here is so getrou. Bid asb vir hom! Hy het die Here baie nodig. Alle eer aan die Here vir Sy wonderbare leiding!

Similar Posts