Evangelisasie in Vrededorp

Die was ‘n wonderlike voorreg om vandag Evangelisasie in Vrededorp te kon doen. Op die trein na Park stasie kon ons honderde traktaatjies uitdeel en ek het ‘n paar baie goeie gesprekke gehad.

Op Park stasie was die leier van SAFTU Zwelinzima Vavi besig om met mense te gesels. Ek het met hom gaan gesels. Ek wens ook kon meer van die Evangelie met hom deel maar ek kon hom een van my traktaatjies gee. Bid asb vir hierdie ontmoeting. Sy vrou is ‘n Christen en hy sê dat hy ook een is. Ek sal hom graag wil gaan sien en hom vra waar staan sy saak met die Here.

Vanaf Park stasie het ons die drie km geloop na Vrededorp toe. Ons kon baie traktaatjie aan studente uitdeel. Vrededorp is ‘n wonderlike plek om met mense oor Jesus te praat. Ons het baie goeie gesprekke gehad. Ek glo veeral by twee huise het ons ingang gekry en ek sal graag weer daar wil gaan besoek om die Evangelie deeglik aan hierdie mense te verduidelik. As die Here in Sy genade net een persoon kom red in Vrededorp. Net een vroutjie, Lidia, het Europa oop gemaak vir die Evangelie.

Similar Posts