In die strate van Westdene: Mnr Daniel reeks dienste

My eerste maal in Westdene om mense te nooi na Mnr Daniel se reeks dienste

Dit was die eerste keer wat ek in Westdene straatwerk gaan doen het. Ek wou graag met mense gesels terwyl ek dieselfde tyd vir hulle uitnooi na die reeks dienste wat ons daar gaan hou. Ek was dankbaar dat die Dominee van die EG Kerk Westdene saam met my was.

Buite ‘n winkel, van deur tot deur en ‘n interresante gesprek

Ons het begin deur om mense uit te nooi buitekant ‘n winkel in Westdene. Party mense het die uitnodiging geneem terwyl ander ons vermei het. Daarna het ons die uitnodigings in mense se poshokkies gaan sit.

Ons het die geleentheid gehad om met twee jongmans te praat. Een van hulle het baie vreemde idees gehad oor verskillende dimensies waarin hy al was. Ds Klopper het hom vinnig stil gemaak deur om hom uit te wys dat ‘n sondaar is omdat hy God se wet oortree het. Hy moes erken dat as hy verkeerd is oor sy dimensie terie dan is hy oppad hel toe. Mag die Here in sy hart kom werk en mag hy sy dwaasheid sien.

‘n Uur alleen in die strate van Westdene

Ds Klopper moes na sy huis terugkeer maar ek het gevoel ek wil verder in die strate loop en traktaatjies uitdeel. Ek het ‘n paar kort gesprekke gehad en baie traktaatjies uitgedeel. Ek het ook heelwat van die Challenge koerantjie uitgedeel. Mag die Here my nog lei na ‘n ryp siel.

Bid asseblief vir vrug op die arbeid.

Sal dit nie wonderlik wees as die EG Kerk Westdene volgepak sit terwyl Mnr Daniel die Evangelie met honger siele deel nie? Bid asseblief dat daar vrug op hierdie straatwerk aksie sal wees. Mag die Here Jesus deur die Heilige Gees siele kom red!

Similar Posts