AEB Piet Retief
|

Piet Retief uitreik met Duitse toergroep

Die Duitse toergroep

Jan-Piere van Rooyen is ‘n ou Glenvar student wat huidiglik as pastoor in Schorndorff Duitsland dien. Hy is ‘n baie goeie vriend van my. Hy het saam met Werner Mostert van Heartcry ‘n toer gereë vir ‘n Duitse toergroep. Sewe jongmense het saam met Jan-Pierre van Rooyen uit Duitsland saam met ons na Piet Retief getoer.

Piet Retief

Ons kon lieflike openinge saam met die duiste toergroep by die Duitse skole in die omgewing van Piet Retief waarneem. Vir meeste van hulle was dit ‘n eerste sendingsuitreik in Afrika. Hulle oë het vir die groot nood wat daar is by Piet Retief oopgegaan en dit is net ‘n klein gedeelte van Suid-Afrika.

Een van die jongmense het getuig dat hy nie kan glo dat ten spyte van die groot armoede wat heers die mense so vriendelik kan wees nie.

Similar Posts