Straatwerk in Bosmont

Ek het n baie geseende tyd gehad. Ek kon nie na Westonarea toe gaan a.g.v. die trein wat net sekere tye die dag daarnatoe ry.

Ek het toe by Bosmont stasie afgeklim en sielewenning gedoen in Newclaire.

Het met twee ou JW tannies gepraat. Baie hartseer. Hulle het soveel ywer vir hulle saak maar tog verlore.

Op die trein het ek met n jongman gepraat wat as n moslem groot geword het. Hy het dit gelos en is deur sy familie verwerp. Ek kon lank met hom gesels. Dit was van die Here af.

Het ook met twee manne gepraat wat vreeslike moorde in hulle families moes deurleef het. Mens se goed uitgewerkte teologiese antwoorde klink so hol as die vraag kom, “Waarom het God dit toe gelaat?” “God is goed” is my enigste antwoord. Ons moet dit glo gee nie om wat ons tref nie.

Daar was ander gesprekke ook. Dis so n wonderlike bediening!

Similar Posts