Straatwerk in Florida

Daar is geen groter vreugde as om met ander te praat oor ons Verlosser Jesus Christus!

My uitreik na Florida was wonderlik geseënd gewees. Biddend het ek die strate deurgeloop en die Here vertrou vir Goddelike afsprake. Ek het heelwat traktaatjies uitgedeel.

Dit was eers by die stasie wagtend vir die trein terug wat die antwoord op gebed gekom het. Ek het met n jongman begin praat. Vir n halfuur kon ek die Evangelie stap vir stap verduidelik en hy was diep aangeraak daardeur. Die wonder is dat net die vorige dag het iemand ook met hom gesels oor sy siel. Bid vir hom.

Op die trein het ek met twee rower mans gepraat. Nog n afspraak uit die hand van God. Beide was so oortuig van hulle sonde en oor die feit dat hulle die sonde nie wil los nie. Hulle het geweet dat hulle enigste oplossing Jesus is!

Ek skryf kortliks maar die teenwoordigheid van die Here tydens hierdie twee gesprekke was kenbaar. Hulle het dit ook so ervaar. Stap vir stap, soos ek die Evangelie gedeel het het hulle geen verskoning meer gehad nie. Prys die Here!

Hierdie is n wonderlike bediening!

Similar Posts