Straatwerk in Krugersdorp

Wat ‘n dag! Ek het besluit om eerder na Krugersdorp toe te gaan. Die treine was in ‘n toestand gewees en dit het 3 ure daarnatoe en 3 ure terug geneem. Dit gee mens darrem baie kans vir gebed en gesprekke.

Ek het ‘n besonderse gesprek met ‘n jongman gehad opad na Krugersdorp. Wat n hartseer verhaal. Hy probeer nou sy lewe reg te. Hy dink as hy ‘n beter mens sal wees dan sal hy ok wees vir Jesus. Ek het hom oor en oor daarop patent gemaak dat hy moet kom na Jesus net soos hy is. Dis wonderlik hoe die Here hom toe gebruik het om my toewys te maak aangaande Krugersdorp.

Ek het heelwat rondgeloop en kon ‘n paar goeie gesprekke aanknoop. Ek het met twee jong manne gepraat. Die blanke man se denke is al vrot as gevolg van die dwelms. Hy sê iets waars oor die Bybel maar dan ewe skielik verdraai hy dit op so ‘n wyse dat ek verstom staan. Ek bid maar dat die Naam van Jesus en die verse wat ek aan hom gekwoteer het deur sal dring.

Bid asb vir more se uitryk na Johannesburg. Bid vir die treine! Bid asb vir twee nuwe traktaatjies wat ek geskrywe het en self druk by ons huis. Ek het vandag van die een 80 uitgedeel. Bid asb vir die manne wat ek bo van vertel het.

Similar Posts