Traktaatjies in Primrose

n Mens hoef nie vêr te gaan om Evangelisasie werk te doen nie. Vandag het ek in die Primrose omgewing (die woonbuurt langs die een waar ons in woon) wonderlike geleenthede gehad om met mense oor die Here Jesus te gesels. Dit was wonderlik om ook traktaatjies in Primrose te kon uitdeel.

‘n Jongman het gesê dat hy ‘n attiës is. Hy was bietjie uit die veld geslaan toe ek om toe sê dat hy baie meer geloof het as ek. Om te kan glo dat die DNA kode wat ‘n baie komplekse taal is deur kans ontstaan het vat uiters baie geloof. ‘n Tannie was werklik geskok toe ek haar vertel dat mens sekerheid van saligheid kan hê. Dit was ‘n kort gesprek maar die Here het die woorde gebruik om haar hart te tref.

Ek het baie van my traktaatjies in posbusse gesit. Seker by die 500. My gebed was net (mag dit u gebed ook wees) dat hierdie lewende saad is. Hierdie is nie onvrugbare saad soos die JW’s s’n nie. Die saad wat ek saai is lewendig want God se Gees werk daaragter. Hierdie saad word deurweek deur u gebed. Hoe wonderlik sal dit nie wees as iemand wonder oor Jesus se bestaan en dan skielik in hulle posbus ‘n kleurvolle traktaatjie kry wat sê “Jesus is Alive!”

Ek wil ook vertel van ‘n gesprek wat ek met ‘n jongman en dame gehad het. Ek het gesien hulle is besig om onwettige goed te rook. Ek gaan praat toe met hulle. Hulle kon nie ontken dat hulle baie seer het in hulle harte en daarom gebruik hulle hierdie goed nie. Ek het hulle vertel hoedat die Here my verlos het van my seer toe ek vergifnis van God ontvang het. Ek bid dat iets tog in hulle harte ingegaan het.

Similar Posts