Uitreik na Germiston

Ons uitreik na Germiston was baie geseënd gewees. Ek kon heelwat goeie gesprekke gehad het. Bid veral vir Stevan wat ek ernstig kon uitdaag om sy saak met Jesus reg te maak. Hy getuig dat hy in die tronk tot bekering gekom het maar vandat hy uit is het hy teruggeval.

Donderdag het ek ‘n kosbare geleentheid gehad by die SAVF Nigel. Die Here het sterk op my hart gedruk om te preek oor “Die Vrees van die Here”. Die Here het dit gebruik en ek kon saam met twee mense bid.

My boekie is klaar en besig om deur verskeie mense geredigeer te word. Ek gaan Maandag, as die Here wil, die eerste kopiee uitdeel. Prys die Here vir hoe Hy vir hierdie saak geonderneem het.

Similar Posts