Wie is ons

Die Geskiedenis van die Afrika Evangeliese Bond AEB

Die Afrika Evangeliese Bond AEB is in 1924 deur drie Ierse susters gestig, wat uit ʼn sending agtergrond na Suid-Afrika gekom het weens gesondheid redes. Hulle het aanvanklik besef dat daar ʼn groot geestelike nood onder veral die polisie is, en ook onder ons eie blanke gemeenskap in die Suid-Wes Kaap. Die groot las in hulle harte was om die Evangelie te verkondig onder almal wat sal luister na die waarheid van God se Woord. Hulle het saam met ander geestelike werkers die interkerklike sending gestig met die begeerte dat die werkers die Here sal vertrou vir al hul daaglikse behoeftes as ʼn geloofsorganisasie. ”Soek eers die koninkryk van God…”.Kort na 1924 is besluit om jongmense met ʼn besliste roeping tot Evangelisasiewerk op te lei by ʼn Bybelkollege. Die Afrika Evangeliese Bond AEB Bybelkollege “Glenvar” is in Kaapstad begin, en die huidige kampus is in Constantia geleë. Studente doen ʼn 2 jaar Diploma kursus.

Ons Passie

Na 90 jaar kyk ons dankbaar terug na die manier waarop God hierdie werk gebruik het en steeds gebruik om die Evangelie te bring aan ons eie mense. Daagliks stuur Hy siele oor ons pad soos die sondaar aan die kruis, in ʼn hopelose toestand wat die Verlosser nodig het. Ons las lê ook by die Nikodemus’e wat ʼn “gedaante van Godsaligheid” het, maar geen getuienis het van ʼn lewende verhouding met die Here het nie. Die behoefte van die Bruid van Christus is herlewing en geestelike groei. Regoor ons land en tot onlangs Suider-Afrika het ons die voorreg om die Here te vertrou om Sy kinders te seën in ons interkerklike dienste.

Ons werk

Die AEB werk in Suid-Afrika, is in distrikte opgedeel waarin die werkers in Suid-Afrika en Namibië se uitreike die volgende behels:
  • Skole, tronke, kinderhuise, ouetehuise en besighede.
  • Konferensies (Waar die boodskap van redding, geestelike groei en die oorwinningslewe verkondig word)
  • Bybelstudie kampe
  • Jeug-  en kinder kamp
  • Vroue- en mannekampe
  • Familie kampe
Die roeping van God in ons lewens  is kosbaar en duidelik. Ons dank Hom vir Sy Getrouheid en Genade, waarsonder ons nie een tree sal kan gaan.