Afrika Evangeliese Bond

OOS-KAAP DISTRIK

"Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."

(Matthéüs 6:33)

Welkom by die werk van die Oos-Kaap distrik

Welkom by die werk van die Oos-Kaap distrik van die Afrika Evangeliese Bond. Die distrik van die AEB bestaan uit die Oos-Kaap sowel as die Wes-Kaap tot en met Mosselbaai.

Ons roeping is om die Evangelie van Jesus Christus aan alle mense te verkondig. Dit is 'n wonderlike voorreg wat die Here vir ons gegee het.

Ons Familie

Die Afrika Evangeliese Bond familie

Gebed

BID ASSEBLIEF VIR DIE VOLGENDE:

Daaglikse ontmoeting met die Here Jesus

As werkers in God se wingerd het ons nodig om daagliks gevoed te word uit die Woord van God. Bid asseblief dat ons nooit so besig sal word dat ons hierdie belangrikste van sake agterweë sal laat nie.

Matthéüs 4:4 Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Vir ons as gesin

Dit is die grootste voorreg om in die diens van die Here te mag wees. Ons as gesin het elke dag u gebed nodig dat ons die Here sal dien met ons hele hart. Bid asseblief dat ons kinders die Here sal ken en Hom waarlik sal dien.

Josua 24:14 … ek en my huis, ons sal die HERE dien.

Dat siele Jesus sal leer ken

As Evangeliste is dit ons grootste verlange en gebed dat siele vir Jesus sal leer ken as hulle Verlosser. Bid asseblief dat ons rein en heilig sal wandel sodat ons deur die krag van die Heilige Gees ander kan bedien met die Evangelie.

Markus 6:34 En toe Jesus uitklim, sien Hy 'n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.

'n Visie vir die werk

Die Here het dit so beskik dat ons in hierdie distrik geplaas is. Bid asseblief dat die Here vir ons sal wys wat Sy plan is vir ons werk in hierdie distrik.

Exodus 26:30 So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.

Kragtige boodskappe uit die Woord van God

Of ons preek vir 'n gehoor van 100 en of ons een tot een met iemand gesels het ons 'n boodskap uit die hart van God nodig. Bid asseblief vir ons dat ons getrou sal wees om die Here te soek sodat Hy ook Sy boodskap in ons monde kan lê.

1 Thessalonicense 1:5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

Straatevangelisasie

Ons het 'n roeping om op die strate van die Oos-Kaap distrik van die Afrika Evangeliese Bond te gaan om honger en behoeftige siele van Jesus te vertel. Bid asseblief dat die Here ons sal lei na hulle wat Hom waarlik nodig het.

Lukas 14:23 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.

Kontak ons gerus vir enige navrae:

Kontak Vorm

Donasies

"Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand!"

(Jeremia 18:6)