Sielewenners Konferensie

Sielewenners Konferensie

Die grootste nood van ons tyd is ware sielewenners. U sal dalk vir uself sê, “Nee, die grootste nood is ware bidders.” Wys my ‘n bidder wat nie ook ‘n sielewenner is nie. Lees die verhale van van die groot bidders George Muller, Praying Hyde en Rees Howells. Almal van hulle was by uitstek sielewenners.

Om ‘n sielewenner te wees bring nie net die grootste genot hier op aarde nie, dit maak ook vir u skatte bymekaar in die hemel. Hulle sê dat ons niks saam vat hemel toe nie maar daar gaan een ding saam met ons hemel toe: die siele wat ons deur die genade van die Here na Jesus toe gelei het. Hulle gaan saam met ons die Here tot in ewigheid dien. Daar staan u man of u vrou, daar staan u kinders, daar staan u werkskollegas, daar staan ‘n man wat ‘n traktaatjie voor gegee het. Almal besig om die Here Jesus te aanbid omdat Jesus vir hulle gesterf het en u bereid was om ‘n sielewenner saam met Jesus te wees.

Dalk sê u vir my, “Ek wil ook ‘n sielewenner wees, maar ek weet nie hoe nie? Ek het al die EE3 of Way of the Master gedoen maar ek het alles klaar vergeet.” Dit is waarom ons graag hierdie konferensie wil hou. Ons wil u oplei met ‘n eenvoudige en doeltreffende metode wat 95% Skrif is, dit is buigbaar tot verskillende mense se behoeftes en kan maklik geleer word. Ons wil saam met u hierdie metode gaan toepas in die strate en daarbysaam u leer hoe om vir een siel te bid en te bearbei totdat daardie siel by Jesus uitgekom het. Ons wil na die konferensie saam met u staan as ‘n sielewenner en u met elke metode denkbaar help om dit te gaan uitleef wat u geleer het.

Afrika Evangeliese Bond

Keith Daniel

Afrika Evangeliese Bond

Labuscagnes

Afrika Evangeliese Bond

Ridgards

Afrika Evangeliese Bond

Gideon Brown

Elke dag gaan duisend mense verlore sonder hoop en sonder God. Hoe min is daar wat saam met Jesus hierdie tragedie probeer stop? Wou u al ooit ‘n sielewenner wees? Wou u al iemand van Jesus vertel, maar u het nie geweet wat om te sê nie?
Dan is hierdie konferensie vir u!
Ons wil u graag die opleiding gee wat u nodig het om ‘n sielewenner te wees. Ons wil saam met u uitgaan in die strate en die opleiding toepas. Dan wil ons u leer hoe om vir ‘n siel te bid.

Datum
22 – 24 Februarie 2019
Plek
Samekoms (naby Middelburg)
Sprekers
Keith Daniel saam met verskeie ander sprekers.
Tema
‘n Nuwe Generasie Sielewenners.

Kontak ons vir meer besonderhede