AEB Piet Retief Pongola

Die werk van die Here in ons distrik

Die werk van die Here is ons distrik

Nadia het die afgelope week opening gesoek in Benoni. Dit is wonderlik dat die Here klaar vir haar een vaste opening gegee het by die Salvation Army. Sy het ook by baie behoeftige mense in Nigel besoekwerk gedoen. Van die mense by wie sy besoek het het hulle saak met die Here Jesus reggemaak. Bid asseblief saam met ons vir hierdie mense dat hulle sal aanhou om die Here te dien.

Dit was ook ‘n voorreg dat Werner Mostert van Heartcry by die SAVF geleentheid in Nigel kon preek. Die Here het kragtig deur hom gespreek en die gehoor was duidelik aangeraak deur die boodskap.

Die pelgrimspan

(Deur Jan)

Maandag is ons toe deur Ermelo toe waar ons eerste opening die Dinsdagaand by ‘n jeugopening vir die koshuis kinders van die hoërskool. Ons het maar met ‘n redelike onseker gevoel daar opgedaag, die opening is telefonies gereël dus het ons nie eintlik geweet wat die opset is of enige een van die mense geken nie. Ons het vroegerig opgedaag en is baie vriendelik ontvang deur die onderwyseresse wie in beheer was van die geleentheid en is toe sommer ook met die hele program van die aand toevetrou. Die jongmense het aan die begin in klompies opgedaag totdat hul later ingstroom het en hul het aanhou kom totdat daar omtrent ‘n honderd tieners saamgepak gesit in die klein saaltjie. Ons het saamgesing, Jan het sy getuienis gebring, en Louis die boodskap. Ons het regtig so ‘n geseënde geleentheid ervaar, die jongmense was baie meelewend en pret gewees maar het tog net so aandagtig geluister. ‘n Paar het agtergebly vir gebed, party vir sekerheid omdat hul begin twyfel het aan hul saligheid en ander vir ander sake. Ons vertrou die Here dat Hy sal aanhou om in hierdie kosbare siele te werk!!

Net die volgende dag is ons weer by dieselfde skool betrokke met ‘n spesiale geleentheid waar veiligheid in ons hedendaagse wêreld die fokuspunt was. Die kaptein van die polisie en verskeie ander teenwoordigers van die regstelsel was daar om die kinders toe te spreek en ons is gevra om met die kinders te praat oor geestelike veiligheid. Watter wonderlike gleentheid tog nie om die evangelie deur te trek nie!! Hul het die kinders in verskillende groepe ingedeel en ons is toe twee spreekgeleenthed gegee by twee verskillende groepe kinders. Daniël het by altwee geleenthede die boodskap gebring. Die vorige aand het hy baie laat nog gesit en voorberei omdat dit mos maar moeiliker is om ‘n boodskap voor te berei as jy dit volgens sekere voorskrifte moet aanbied. Ons het baie gebid vir die geleentheid en die Here het ons weereens nie teleurgestel nie. Die Here het regtig vir Daniël gehelp om die boodskap baie duidelik oor te dra en die kinders het aandagtig geluister. Ek (wat Jan is) het toe ook ‘n gleentheid gehad om met een van die onderwyseresse tydens die geleentheid te staan en gesels en om met haar te deel hoe die Here op ‘n persoonlike vlak met ons werk en vir ons voorsien en hoe Hy ons geroep het om die evangelie op so ‘n manier te versprei. Ek het maar net weereens besef watter groot voorreg ons het om in die diens van die Here te kan staan en voltyds mense te kan bedien met die Evangelie!

Volksrust, Wakkerstroom en Piet Retief

 

 

Similar Posts