Afrika Evangeliese Bond Glenvar Diens

Die Oos-Rand Studenteveldtog het amptelik begin

1 Thessalonicense 2:4

maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.

Kosbare dienste by EG Kerk Boksburg

Die studenteveldtog het amptelik begin waar die Glenvar studente saam met Dr Myburgh by die oggend- en aanddiens van die EG Kerk Brakpan opgetree het. Die getuienisse was baie kosbaar gewees en Dr Myburgh se boodskappe was duidelik en op die man af. Ons eer die Here vir hierdie kosbare geleentheid. Ons gaan nog tot en met Woensdag 9 Maart 2016 in die EG Kerk Brakpan elke aand om 19:00 optree. U is baie welkom. U kan die aanwysings hier vind.

Eerste dag van die Oos-Rand Studenteveldtog

 

Ons het vandαg by 7 skole en 6 ouetehuise opgetree en met bykans 4500 mense die wonderlike Evangelie van die Here Jesus verkondig. Ons eer die Here as die Afrika Evangeliese Bond Suid Oostelike distrik vir die wonderlik voorreg dat Hy hierdie veldtog moontlik gemaak het.

Die student en pelgrims skrywe

Louis – Vandag het ek dit as ‘n goddelike afspraak ervaar toe ons met ‘n arm egpaar kon gesels en die Evangelie mee kon deel.

Joreth – Wat vir my kosbaar was, was om by die Laerskool met soveel jong siele die waarheid te kon deel.

Eben – Die kosbaarste vir my was toe ons huis/kamer besoek gedoen het by die ouetehuis

Louise – Die dag het vir my op ‘n wonderlike hoogtepunt begin met ‘n skool opening waar die kinders met hart en siel elke word van die boodskap ingeneem het.

Lizette – Dit was  vir my kosbaar hoe die Laerskool kinders die toneeltjie geniet het.

Daniël – Dit was ‘n groot bemoediging toe ‘n tannie my vertel het dat sy lank probeer het om haarself te red tot op ‘n punt waar sy besef het Jesus wil haar red, sy moes net die deur van haar hart vir Jesus oop maak.

Maria – Deur God se genade kon ek my “gees van vreesagtigheid” aflê en die gees van krag, liefde en selfbeheersing wat Hy geskenk het aanneem (2 Tim 1:7).

Similar Posts