Afrika Evangeliese Bond Glenvar Laerskool

Die derde dag van die studenteveldtog

Alle eer aan die Here

Dit was vir ons so ‘n groot voorreg om vandag weer by skole, ouetehuise en ‘n kleuterskool die wonderlike Evangelie van Jesus Christus te verkondig. Dit bly die passie van die Afrika Evangeliese Bond om kosbare siele te vertel dat Jesus hulle kan red! Dit bly ook die hartjie van die opleiding van die Glenvar Bybelskool. So kon ons vandag met ‘n 1300 mense die Evangelie deel. Ons gee alle eer aan die Here.

Rooikappie

Die een groep het ‘n opvoering gedoen van rooikappie en die wolf. Dit was werklik so goed gewees. Hoe hulle die storie van Rooikappie gebruik het om die Evangelie te verkondig was baie goed gewees. Ek sal graag die video daarvan op die website wil sit.

Wat die studente getuig

Louise – Dit het my hart diep geraak by die hoërskool waar ons vanoggend was; met die woorde “God sees what you do, where no one else sees what you do” het daardie kinders so stil geword dit was asof mens ‘n kopspelt kon hoor val. Ek het net geweet dit was God wat nou met harte werk.

Elize -It was my joy today to lead a willing heart to Jesus – the first thing she asked was “How can I show God that I live Him?”

Tarita – Ek kon met 4 meisies die Evangelie deel en ek het gesien dat hulle werklik luister in dit inneem.

Joreth – Dit was kosbaar om te sien hoedat jongmense spontaan reageer en sonder skaamte kom om te gesels en om hulle saak met God reg te maak.

Louis – Die eendgesindheid wat die Here onder ons bewerk het vir my uitgestaan.

Eben – Dit is wonderlik hoe jonk en oud die woorde wat ons spreek indrink.

Anel – Ag dit was so spesiaal vir my hoe die kleintjies wat onder Gr R is geluister het. Dit het my soveel hoop gegee.

Lizette – Die skoolopening was baie kosbaar gewees. Dit was lekker om te “act” in die Rooikappie toneel.

Daniel – Dit het my hart geroer toe een van die seuns by die Hoërskool vanoggend met my kom praat het. Daar was so ‘n honger na die Here. Wat ‘n vreugde was dit nie om aan hom die Evangelie te deel.

Heinrich – Wat kosbaar vir my was toe ‘n seun sy hart vir die Here gegee het.

Rozelle – Dit was vir my kosbaar hoedat daar by een skool 130 gekom het waar daar gewoonlik net 10 na die CSV opening toe kom.

Lees meer oor die veldtog hier.

AEB Glenvar Studente Dagkonferensie

Similar Posts