|

Traktaatjies in Brakpan en Springs

Dit was wonderlik gewees om vandag in Brakpan en Springs Evangelisasiewerk te kon doen. Die Here het my gehelp waar ek alleen in Brakpan was maar ek dank die Here vir Oom Willie wat saam met my in Springs uitgereik het.

In Brakpan het ek ‘n goeie gesprek gehad met drie skoolseuns. Hulle het my vertel van hoe hulle met Jesus ontmoet het en hulle verkeerde lewens laat vaar het. Ek hoop en bid dat hulle waarlik met God ontmoet het. Dit was my groot hartseer in Brakpan gewees. Almal sê hulle is weergebore. Die term het goedkoop geword. So min weet werklik wat dit beteken.

In Springs het ons goeie gesprekke gehad. Ons kon lank met ‘n jong Ma gepraat het. Sy het bietjie hartsake met ons gedeel en dit was kosbaar om met haar oor Jesus te praat. ‘n Ander man het erken hy is oppad hel toe. Dit was wonderlik om hom te kon vertel van Jesus. Hy was so dankbaar dat ons met hom gesels het.

Ek het al duisende traktaatjie in posbusse gesit sonder enige terugvoer. Vandag het ek die eerste maal van Suné se kindertraktaatjie in ‘n posbus gesit en so waar ‘n vrou kontak ons toe terug. Suné is besig om haar nou op te volg. Prys die Here.

Similar Posts