Brakpan Uitreik

Die Here was goed vir ons vandag gewees tydens ons Brakpan uitreik. ‘n Kort getuienis. Ek het twee baie goeie gesprekke gehad waar die mense waarlik hulle nood na ‘n Verlosser gesien het. Daarna het ek heelwat traktaatjies uitgedeel. Skielik voel ek dat ek iewers anders moet wees. Die volgende vrou wat ek voorkeer vertel my toe van ‘n huis wat ons moet gaan besoek. Ons loop toe so kilometer tot by die huis en sit maar traktaatjies in die posbusse soos ons gaan. Toe ons by die huis uitkom toe is daar ‘n man in sulke desperate nood. Hy was so oop vir die Evangelie. Prys die Here wat n mens op so ‘n wyse lei na ‘n behoeftige siel.

Gister het daar ook ‘n klein wonderwerk gebeur. Ons het ons trein gemis vanaf ons huis af met 30 sekondes. Die volgende trein was laat en ons sou die trein na Krugersdorp gemis het soos dit gelyk het. Daar kom toe ‘n express trein verby. ‘n Express trein stop net by omtrent 6 stasies vanaf Pretorie tot en met Johannesburg. Die trein stop nie by ons stasie nie. Hierdie dag stop die trein vir een of ander rede vir ‘n sekond by ons stasie. Ons het letterlik net tyd gehad om in die trein te klim toe ry die trein. Dit was ‘n wonderlike ingryping van die hand van die Here. Daarna het ek wonderlike gesprekke gehad in die trein en in Krugersdorp. Die Here het ons waarlik gelei na behoeftige siele.

Similar Posts