AEB Wonder van die Evangelie

Die wonder van die Evangelie

Die Wonder van die Evangelie

Die wonder van die Evangelie is dat dit mens hoop gee in die donkerste omstandighede. Ek en my medewerker het vandag in ‘n area besoekwerk gedoen waar groot armoede heers en mens se menslike eerste reaksie is, “Is daar hoop vir hierdie mense?”. Dan tref die werklikheid jou weer dat die Here Jesus nie gekom het vir hulle wat DINK hulle is goed nie, maar Hy het gekom vir sondaars, vuil bevlekte sondaars volgens Markus 2:17. Dit wonder van die Evangelie van Jesus Christus is dat dit die uitwerpsels van die samelewing kan verander in pilare van die samelewing. Dit is werklik waar wonderlik.

‘n Siek oom, ‘n groot gevaarlike hond en God se leiding

Ons kon by ‘n oom besoek wat siek was. Die oom het groot nood soos hy vir sy kinders wat nie werk het en ook sy kleinkinders probeer sorg. Ek het vir hom die Evangelie gedeel en sy oë was vol trane. Iets van die werklikheid dat hy verlore was het sy hart aangegryp en sy oë het oopgegaan dat hy weergebore moet word. Hy was nie heeltemal gereed om Jesus as Verlosser aan te neem nie maar ek sal hom binnekort weer besoek.

By ‘n ander huis het ons aangekom en met ‘n vrou gepraat wat duidelik baie nood het. So in die gesprek vra sy ons of ons nie die groot gevaarlike hond gesien het nie. Jan was juis toe besig om die hond se kop te vryf. So het ons gesien hoe die Here ons bewaar het van ‘n groot gevaarlike hond.

Ons het ‘n adres gehad van ‘n vrou wat ons moes gaan besoek. Toe ons by die adres kom toe was dit die verkeerde adres. Die bure help ons toe uit en begin met ons te praat. Ek en Jan kon vir lank met hulle die Evangelie deel. Veral die een man het baie vrae gevra en het ons genooi om ook by hom te kuier in die toekoms. Dus was die verkeerde adres God se adres en leiding vir ons.

 

Similar Posts