Die Hartseer van straatwerk in ‘n gebroke wêreld

Straatwerk in ‘n Gebroke wêreld

Ons het Donderdag middag straatwerk gaan doen. Dit het my opnuut getref hoe gebroke hierdie wêreld van ons is. Die strate is vuil, om elke hoek en draai sit daar mense Nigeriërs wat lyk of hulle met dwelms smous en elke nou en dan loop daar ‘n gebroke mens verby jou.

Ek gaan hel toe

Ek het met ‘n jong meisie gepraat. Op die vraag, “Waarheen gaan jy as jy sterwe?” het sy ‘n eenvoudige antwoord gegee, “Ek gaan hel toe”. Haar lewe is so deurmekaar. Sy is seker ongetroud maar het klaar ‘n kind. ‘n Jong lewe sonder enige toekoms. Tog was dit my voorreg om met haar te deel dat sy deur die Here Jesus ‘n toekoms kan hê. Die Evangelie is werklik die krag van God tot redding vir elkeen wat glo; so leer Romeine 1:16 ons.

Die Here ken my hart

Daar kom staan ‘n vrou by ons en begin oor die vieslikste dinge te praat. Ek vra haar toe, “Kan ek met jou oor Jesus praat?” Sy skrik haarself lam en loop weg baie skaam. Sy kom terug en ek vra haar toe, “Hoekom word jy skaam as jy voor my so praat, ek wat niks is? God sien alles van jou raak selfs wat jy in die geheim doen.” Sy wou nie werklik met my praat nie. Dit het gelyk of sy hoog is op iets. Haar antwoord was, “Die Here ken my hart… ek bid elke aand dat Hy my moet vergewe.” Ek vertel haar toe dat as die Here haar sou vergewe dat sy ‘n nuwe mens sal word volgens 2 Korinthiers 5:17. Na hierdie woorde het sy weggeloop.

 

Similar Posts