Straatwerk in Braamfontein

Wow. Wat n dag. In die vorige boodskap het ek geskryf: “as die Here wil”. Waarlik dit was so. Die dag het glad nie verloop soos ek beplan het nie.

Ons het die trein geneem tot by Doornfontein en vandaar 2km geloop tot by Park stasie. Ons het meestal net traktaatjies uitgedeel.

Ons trein na Randfontein was laat en die man laat weet toe dat hy dringind iets moet doen so ons kan hom nie vandag sien nie.

Ons besluit toe om Krugersdorp toe te gaan. Ons het nie vêr gekom toe besef ons hierdie trein het probleme. Ons klim toe af by Braamfontein stasie en loop deur Braamfontein, Hillbrow en Doornfontein tot by Jeppe stasie (+- 7km) en deel traktaatjies uit (heelwat rowwe manne het vandag die Evangelie gehoor).

Vandaar neem ons die trein terug huis toe en oops 😩, neem die verkeerde trein en eindig op naby City Deep. Daar wag ons vir 2.5 ure vir die trein terug na George Goch stasie (ons het darrem heelwat traktaatjies uitgedeel en gesprekke gehad).

Uiteindelik kom die trein en ons kon baie traktaatjies uitdeel tot by die huis.

Ek is uitgeput maar ek weet die Here is in beheer van elke omstandigheid. Ons lewens is in Sy hande en ons glo, al weet ons nie waarom, dat hy ons paaie vandag bestuur het.

Elke maal wat iets gebeur waar u beplannings in die wiele gery word is n kans wat die Here dalk skep om met iemand oor Jesus te praat.

Similar Posts