Straatwerk in Meyerton

Die Here Jesus is wonderbaar en dit is wonderlik om te sien hoe Hy in beheer is van elke gebeurtenis.

Vandag opad na Meyerton klim ons op die trein by Germiston. Daar kom n vrou in en sê die trein wat 8:30 moes vertrek gaan nou eers 10:00 vertrek. 😞

Wel ons gebruik die tyd toe maar om traktaatjies in Germiston uit te deel.

10:00 klim ons in die trein en ek sien n jong afrikaanse ou en meisie wat daar sit. Ek begin toe met hulle gesels. Baie deeglik deel ek met hulle die Evangelie. Ek vra hulle toe wat het veroorsaak dat hulle lewens n gemors was.

Beide het tragiese verhale van baie seer wat hulle deurleef het as kinders. Ek deel toe met hulle n paar gedagtes uit die Woord, pleit by hulle om Jesus as antwoord te aanvaar en bid vir hulle.

Die meisie sê toe vir my dat die gesprek vandag haar lewe verander het. Jesus het gekom en haar aangeraak.

Die wonder is as die trein nie vertraag was nie dan sou ek hulle gemis het! Hulle harte was stukkend maar die Here Jesus het ons paaie laat kruis sodat hulle bedien kan word.

Baie dankie vir u gebede!

Similar Posts