Oorwinning oor drank

Kan ‘n mens oorwinning oor drank hê? Ek het met n man gepraat wat ek glo die Here waarlik iets voor gedoen het. Na ek hom hieroor en daaroor uitgevra het sê hy vir my dat almal weet hy kan nie drank los nie. Ek is te swak.

Ek sê toe vir hom, “So jy sê dat Jesus, wat jou van sonde verlos het, swakker is as die drank.” Heel verbaas sê hy toe, “Ek het dit nooit gesê nie.” Hy dink so oomblik en sê, “Seker as jy my woorde verdraai dan is dit wat ek gesê het.” Die punt wat ek wou maak het deurgedring.

Waarom is dit belangrik? Wat is die sonde waarmee u sukkel. Dis dalk nie drank nie maar n slegte humeur. Is u humeur sterker as die bloed van Jesus? Kan Jesus u verlos van enige sonde waarmee u sukkel?

Dink hieroor… Titus 2:14  “wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.”

Similar Posts