Evangelisasie in Elsburg

Baie dankie vir u gebede tydens ons Evangelisasie in Elsburg.

Ai Elsburg is ‘n hartseer stukkie aarde. Ons het soveel hartskeurende gesprekke vandag gehad. ‘n Jong meisie wat op straat bly was in trane nadat sy besef het die Here se groot genade wat oor haar is. ‘n Ander jongman was ook in trane terwyl hy sy verhaal vir ons vertel. Die arme man is desperaat maar Jesus se liefde het naby aan hom gekom. Ek het in gebrokenheid gepleit by twee jong JWs dat hulle weergebore moet word. Ek besef meer en meer dat hulle Nikodemusse is. Godsdienstig, probeer mooi lewens te lei en staan op hoeke van strate en probeer ander te vertel van ‘n beter lewe maar hulle is verlore. Dit is so hartseer.

My medewerker is ‘n oom wat so paar weke gelede begin het om saam met my uit te reik. Dit is wonderlik om te sien hoe die oom vrymoedigheid kry en te sien hoedat hy nou meer traktaatjies uitdeel as wat ek doen. Ek dank die Here daarvoor.

Similar Posts