3 Januarie Jesus is my Gids

3de Januarie – Jesus is my gids

Jesus is my Gids

3de Januarie

Lei my vanoggend Here Jesus

Jesus is my Gids – Hy lei my na rus

En Hy het hulle gelei op ‘n regte pad…

Hy het hom (Jakob) gevind in ‘n woestynland en in ‘n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel. Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels; die HERE alleen het hom gelei — en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie. — dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe. — wie is ‘n leermeester soos Hy?

Psalm 107:7; Deuteronomium 32:10-12; Jesaja 46:4; Psalm 23:3,4; Jesaja 58:11; Psalm 48:15; Job 36:22.

Ps 107:7; Deut 32:10-12; Jes 46:4; Ps 23:3,4; Jes 58:11; Ps 48:15; Job 36:22.


Januarie

Similar Posts