Sing tot die Here AEB

2de Januarie – Sing tot die Here

Sing tot die Here

2de  Januarie

Lei my vanoggend Here Jesus

Sing tot die Here – ‘n Lied uit die hart

Sing tot eer van die HERE ‘n nuwe lied!

Jubel (sing) tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob! Hef aan ‘n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp — Hy het ‘n nuwe lied in my mond gegee, ‘n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan — die blydskap in die HERE, dit is julle beskutting — Paulus… het hy God gedank en moed gevat.

En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Jesaja 42:10; Psalm 81:2,3; Psalm 40:4; Joshua 1:9; Nehemia 8:10; Handeling 28:15; Romeine 13:11-14

Lei my vannaand Here Jesus

Sing tot eer van die Here – die reukwerk van gebed

Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.

Jy moet ook ‘n altaar maak om reukwerk te brand… sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom. En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre… En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ‘n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.

Daarom kan Hy (Jesus) ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. — en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. — en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. — Bid sonder ophou.

Psalm 141:2; Exodus 30:1; Hebreers 7:25; Openbaring 8:4; 1 Petrus 2:5; 1 Thessalonicense 5:17

Ps 141:2; Exo 30:1; Heb 7:25; Openb 8:4; 1 Pe 2:5; 1 Thes 5:17

Lei my deur U knegte

Sing tot eer van die Here – die beste teenoor die 2de beste

“Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig …” Lukas 10:41,42.

Die “goeie deel” aan sy voete, is die “beste deel” wat jy ooit kan uitkies. Dáár vind jy ’n oor wat luister, ’n hart wat verstaan en ’n mond vol intieme en opwindende lering. Al drie kere dat ons van Maria lees, vind ons haar aan Jesus se voete: eers met ’n smagtende hart, toe met haar smartvolle hartseer oor haar broer Lasarus se dood, en toe met haar simpatieke salwing van Jesus se liggaam met die oog op sy begrafnis. Volgens Marta se berekening was dit nodig om dadelik alles in háár huis in perfekte orde te kry vir Jesus se een besoek, maar volgens Maria se besluit was dit nodiger om dadelik alles wat Jesus sou sê, in háár hart op te neem en dit ewig daar te bewaar.

Marta is kwaad omdat sy alleen werk

Marta het gemeen Maria is lui, moedswillig en onredelik teenoor haar wat al die swaar werk alleen moes doen. Sy kritiseer toe sommer ook vir Jesus! Hoe kon Hy só onbedagsaam wees om toe te laat dat Maria by sy voete sit as daar gevra word vir dade?

Toe Jesus egter praat, sê Hy dat Maria die beste deel gekies het. So ’n uitspraak sal iemand soos Marta altyd skok, met die besef dat háár deel dan noodwendig nie die beste is nie! Ernstige nadenke, laat haar ontdek dat haar ongeduld en kritiese gesindheid maar net die uiterlike simptome van ’n dieperliggende probleem is: dié van ’n eersugtige en hoogmoedige hart. Terwyl sy hard vir Jesus werk, is sy begaan oor haar eie eer en belange. Met goeie dade probeer sy om ten alle koste aanvaarbaar te wees vir mense. Dit bedroef vir Jesus, maar gelukkig weet Hy watter soort terapie mense soos Marta nodig het om hulle oë oop en hulle self waarlik vry te maak.

Die verskil tussen Marta en Maria

Die verskil in keuses was duidelik: Vir Maria was dit nodig om die honger in haar eie siel met die vars brood van die lewe uit Jesus se mond te versadig. Vir Marta was dit om sy liggaam met vars brood uit haar bakoond te versadig. Maria se keuse het vir Jesus behaag; Hy wat geen aannemer van die persoon is nie, het dit self gesê en Maria se kant gekies terwyl Hy vir Marta vriendelik, maar beslis laat verstaan het dat haar gesindheid nie reg was nie en haar werke aan die liefde en toewyding ontbreek het wat sy hart meer as sy liggaam sou versadig!

Pieter Scholtz

Januarie

Similar Posts