6de Januarie – Spreek Here Jesus

Spreek Here Jesus

6de Januarie

Lei my vanoggend Here Jesus

Spreek Here Jesus – ek wil soos u wees

En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons…

Daarby het daar ‘n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here HERE — En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. — omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus.

Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! — Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.

…werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. — En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ‘n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het, julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke!

Psalm 90:17; Esegiel 16:14; 2 Korinthiers 3:18; 1 Petrus 4:14; Psalm 128:1, 2; Spreuke 16:3; Filippense 2:12,13; 2 Thessalonicense 2:16,17.

Ps 90:17; Ese 16:14; 2 Kor 3:18; 1 Pe 4:14; Ps 128:1,2; Spr 16:3; Fil 2:12,13; 2 Thes 2:16,17.

Lei my vannaand Here Jesus

Spreek Here Jesus – Ek wil u vriend wees

En die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.

…daar is ‘n vriend wat sterker aanhang as ‘n broer. — Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek. — Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte…

Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. — …die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.

Markus 6:30; Spreuke 18:24; Exodus 33:11; Johannes 15:14,15; Lukas 17:10; Romeine 8:15; Filippense 4:6; Spreuke 15:8

Markus 6:30; Spr 18:24; Ex 33:11; Joh 15:14,15; Lukas 17:10; Rom 8:15; Fil 4:6; Spr 15:8

Lei my deur u knegte

EEN DING KOM JY KORT …

“Net een ding kom jy kort … gaan verkoop alles wat jy het … Kom dan terug en volg My” Markus 10:21.

Dié mees tragiese woorde kom uit die mond van Jesus self! Hierdie baie godsdienstige ryk jong man se dors na ware versekering van die “ewige lewe” was só intens, dat hy nie omgegee het om selfs op ’n onwaardige wyse te hardloop en sommer voor Jesus in die stof neer te val nie! Hy het gemeen dat die onsekerheid en leemte in sy siel te wyte was aan die gebrek van net één enkele, goeie en grootse daad wat nog aan al die ander dade van sy selfdoen-godsdiens ontbreek het. Tot sy verbasing moes hy uitvind dat géén goeie daad, groot of goed genoeg kan wees om die sondaar se skuld by God te vereffen nie! Met hierdie deugsame jong man praat Jesus nie oor “sonde” nie, maar wel oor die “één ding” wat by hom ontbreek.

Die jongman se probleem

Sy lewe voor mense was onberispelik en streng wetties. Maar wat help dit alles as jy nog nooit die één, eerste en basiese stap tot redding gedoen het nie? Hy het nog nóóit soos en as ’n verlore sondaar vir Jesus as sy Verlosser ontvang en begin om Hom as sy dissipel te volg nie. Deur die grootste van alle sondes, om nié vir Christus aan te neem nie, kruisig en vermoor mense soos hy, die Here Jesus Christus!

Die jongman se probleem

Sy lewe voor mense was onberispelik en streng wetties. Maar wat help dit alles as jy nog nooit die één, eerste en basiese stap tot redding gedoen het nie?

Hy het nog nóóit soos en as ’n verlore sondaar vir Jesus as sy Verlosser ontvang en begin om Hom as sy dissipel te volg nie. Deur die grootste van alle sondes, om nié vir Christus aan te neem nie, kruisig en vermoor mense soos hy, die Here Jesus Christus!

Sy sieledors was sterk, maar nie só sterk dat dit hom tot oor die grense van sy grootste vashaakplek – sy aardse besittings – tot by Jesus kon dryf nie (Johannes 16:9). By baie edele, uiters godsdienstige en opregte mense ontbreek daardie één ding: ’n ware ontmoeting met Christus as Verlosser. Hulle het géén Bybelse bewyse of ervaring van die wedergeboorte, of dat hulle in Christus, uit geestelike dood oorgegaan het tot nuwe lewe nie. Ongelukkig en tot verderf van hulle eie siele, steek hulle nog viervoet by hul heel laaste hindernis vas!

Wat keer jou om Jesus as verlosser aan te neem?

Watter “een ding” weerhou nog vandag vir jou om na Christus te kom? Is dit vormgodsdiens, uitstel, hoogmoed, mensevrees of die een of ander afgod wat jou hart só skandelik en tragies verdeel dat Christus daar ontuis voel? Nooit weer lees ons van hierdie jongman nie, maar wel van een wat so ryk word dat sy skure te klein geword het en van nog een wat skielik sy oë in die hel oopgemaak het! Kan dit miskien die dieselfde een wees? Dit het begin toe hy die rug op Christus gekeer, Hom net “Leermeester” genoem het, maar nooit “HERE” nie!

Pieter Scholtz


Januarie

Similar Posts