Rus van sonde dankie Here Jesus

5de Januarie – Rus van sonde

Rus van Sonde

5de Januarie – Volkome verlossing

Lei my vanoggend Here Jesus

Rus van sonde – ware vreugde

Ons wat geglo het, gaan die rus in…

hulle maak hul moeg met verdraaiery (sonde) — maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. — Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.

Wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke — nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof – Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking.

Hebreers 4:3; Jeremia 9:5; Romeine 7:23,24; Mattheus 11:28; Romeine 5:1,2; Hebreers 4:10; filippense 3:9; Jesaja 28:12.

Deut 31:8; Ex 33:15; Jer 10:23; Ps 27:23,24; Ps 73:23,24; Rom 8:38,39

Lei my vannaand Here Jesus

Rus van Sonde – ‘n heilige tong

HERE, stel ‘n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.

As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? — want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.

Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.

‘n Kwaadstoker (skindertong) skei vriende van mekaar. — Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing. ‘n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar ‘n valse tong vir ‘n oomblik. — Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het. — Want dit is die wil van God: julle heiligmaking — in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie…

Psalm 141:3; Psalm 130:3; Psalm 106:33; Mattheus 15:11; Spreuke 16:28; Spreuke 12:18,19; Jakobus 3:8,10; Kolossense 3:8,9; 1 Thessalonicense 4:3; Openbaring 14:5.
Ps 141:3; Ps 130:3; Ps 106:33; Matt 15:11; Spr 16:28. Spr 12:18,19; Jak 3:8,10; Kol 3:8,9; 1 Thes 4:3; Openb 14:5

Deut 31:8; Ex 33:15; Jer 10:23; Ps 27:23,24; Ps 73:23,24; Rom 8:38,39

Lei my deur u knegte

Een ding het ek van die Here begeer

“Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon …” Psalm 27:4.

Wat doen jy as daar één brandende hartsbegeerte by jou wakker word wat weier om langer by “gebarste drinkbakke” tevrede gestel te word? Wanneer jy uiteindelik so vêr kom om ’n eerlike, ernstige voorraadopname van jou mees intieme en edel begeertes te maak, sál jou hart roep: “Een ding het ek van die Here begeer …” (Ou Vert.).

Jou begeerte na die ware Bron van ewigdurende sielsversadiging sal nóóit deur enigiets anders, as net deur Jesus, bevredig kan word nie. God het ’n leë plek in jóú hart geskep wat net Hy kan vul, en ’n leë plek in sý hart wat net jy kan vul. Sy hunkerende liefde trek jou na Homself; daarom werk Hy so kragtig en teer in jou om te wil, sowel as om te doen dit wat vir Hom welbehaaglik is.

Een verlange

Wanneer daar telkens ’n onverklaarbare hunkering en heimwee na die oppervlak dryf wat na versadiging smag, of as daar ’n gevoel van eensaamheid en leegheid te midde van vriende, bedrywighede en wêreldse plesier bespeur word, is dit ’n séker teken dat die Heilige Gees besig is om jou, soos ’n magneet, onweerstaanbaar na Christus Jesus toe te trek. Gelukkig is dié mens in wie hierdie één begeerte só ’n dors word, dat dit ten alle koste geles móét word! Die eerste soort dors wat ons na ware lewe en versadiging lei, is dié van die sondaar wat na versekering van kindskap en die vergifnis van sonde smag; die verlange na God se glimlag en rus van ’n slegte en skuldige gewete.

Een verlange

Wanneer daar telkens ’n onverklaarbare hunkering en heimwee na die oppervlak dryf wat na versadiging smag, of as daar ’n gevoel van eensaamheid en leegheid te midde van vriende, bedrywighede en wêreldse plesier bespeur word, is dit ’n séker teken dat die Heilige Gees besig is om jou, soos ’n magneet, onweerstaanbaar na Christus Jesus toe te trek. Gelukkig is dié mens in wie hierdie één begeerte só ’n dors word, dat dit ten alle koste geles móét word!

Die eerste soort dors wat ons na ware lewe en versadiging lei, is dié van die sondaar wat na versekering van kindskap en die vergifnis van sonde smag; die verlange na God se glimlag en rus van ’n slegte en skuldige gewete.

Vergifnis bring rus van sonde

Met die versekering van God se vergifnis, kom daar innerlike vrede en onuitspreeklike blydskap. Ongelooflik is dit dat die Here dit so beskik het, dat niemand daarvoor hoef te wag of te werk nie. Die enigste “werk” wat God van ons vra, is om só in Hom te glo dat ons Hom deur ’n vrywillige, maar besliste, ewige en finale keuse as Verlosser van sonde sal ontvang (Johannes 6:29).

Die hart wat deur ’n intense sieledors op hierdie “een ding” ingestel is, vertrap die heuningstroop van die tydelike genot van die sonde. Selfs die oorwinnaar, ontdekker, kunstenaar en skrywer geniet ʼn hoër kwaliteit van vreugde, maar die een wat by Jesus versadiging vind, ervaar die hoogste en blywendste van alles! Mag hierdie bergspits jou uitdaag en lok en nóóit met rus laat nie, totdat jy dit verower het!

Pieter Scholtz


Januarie

Similar Posts