Ons werk vir die Here

September 2016 – Ons werk vir die Here

Ons werk vir die Here in September

September is verby en ons dank weereens die Here vir hoe Hy ons deurgedra het. Ek kon verskeie dorpe met die oog op Mnr Keith Daniel se toer van 2017 besoek. Ons glo dat die Here baie deure gaan oopmaak. Ons kon as ‘n gesin vinnig Bethal, Ermelo, Volksrust, Wakkerstroom en Piet Retief besoek. Dit was baie geseënd gewees. Die geleenthede by Benoni se Salvation Army en Nigel SAVF was ‘n hoogtepunt gewees.

‘n Jongman ontmoet met Jesus

‘n Jongman het vir Daniel Marais gebel een aand in September. Hy was onder sonde oortuiging en het verlang na verlossing. Daniel kon hom die aand na die Here Jesus toe lei. Hoe het hy by Daniel uitgekom? Ons het ongeveer drie maande gelede straatwerk gedoen in Brakpan toe het Daniel met die man kortliks gepraat en hom ‘n traktaatjie en sy nommer gegee. Hierdie kort gesprek op die strate van Brakpan het gelei tot sy bekering. Prys die Here. Straatwerk is moeilik maar daar is tog vrug op die werk. Ek is besig om die man nou op te volg.

Nadia se werk

Nadia de Bruyn het Heidelberg en Randburg besoek in September. Sy het veral in Heidelberg nuwe openinge gekry.

Ons werk vir Oktober

Hierdie maand het ons verskeie geleenthede en moontlike geleenthede by skole. Ek gaan ook Meyerton besoek  (10 – 13 Oktober) om nuwe openinge te gaan soek. Ons het nog nie voorheen daar gewerk nie. Ons het ‘n uitreik by die Duitse gemeenskap in Piet Retief (18 – 20 Oktober). Dan het ons weer ‘n geleentheid by die Nigel SAVF (6 Oktober) en Benoni Salvation Army (30 Oktober).

Ons maanddiens by die hoofkwartier is 26 Oktober.

Besoek gerus ons webwerf by: www.eersdiekoninkryk.co.za

Baie dankie vir u getroue gebede. Mag die Here u seën!

Jan, Suné, en Jan-Harm Labuscagne asook Nadia de Bruyn.

Similar Posts