Keith Daniel EG Kerk Benoni reeks dienste

EG Kerk Benoni

Die EG Kerk Benoni is ‘n relatiewe klein gemeente in Benoni. Die jong leraar’s paar is Woodford en Nuska Kotzé. Hulle is baie kosbaar en mens ervaar dat daar ‘n ware liefde vir die Here Jesus en ‘n soeke na Sy wil is. Die Kerksraad het die goed gedink dat die Afrika Evangeliese Bond saam met Mnr Keith Daniel in hulle gemeente optree.

‘n Kosbare reeks dienste

Die Here het elke dienste besonders kom seën. Mnr Daniel het duidelik op sy hart gevoel dat die Here hom lei om oor die gesin te praat. Die heilige verantwoordelikheid van ouers teenoor kinders en kinders teenoor ouers is duidelik aan ons geskilder. Mnr Daniel het ook gepraat oor die huwelik en hoe goddelik dit is. Duidelik het die openbaring na die gehoor gekom dat die tong die grootste vyand van die huwelik en van die gesin as geheel is. Hoeveel twiste sal net daar en dan stop as ons net bereid is om die minste te wees en stil te bly. Dit kos ‘n prys…

Effesiers 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.

Efresiers 6:1 Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

EFfesiers 6:4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

Spreuke 21:23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

Similar Posts