Januarie 2016 Evangeliese diens in Marlands

Ons het ‘n geseende Januarie 2016 evangeliese diens in Marlands gehad. Ons twee pelgrims Louis Gervais en Daniel Marais het die woord van die Here gebring. Louis het gepraak oor die sewe verhore waardeur Jesus moes gaan. Drie deur die Jode, drie deur die Romeine en een voor God toe Hy ons sonde op Hom geneem het. Daniel het met ons gepraat oor die hindernis wat vrees bring in die lewe van die kind van die Here. Hulle het die Here se aangesig vir hierdie boodskappe gesoek en die Here het ons kom seën.

Similar Posts