Keith Daniel Nigel

Mnr Keith Daniel preek in Nigel

‘n Goeie opkoms

Dit was ‘n groot voorreg vir my en Mnr Keith Daniel om by die SAVF geleentheid by die NG moedergemeente op te tree. Daar was bykans 40 mense wat vir ons gewag het toe ons daar aangekom het.

Mnr Keith Daniel preek ‘n evangeliese boodskap

Mnr Daniel het ‘n kosbare Evangeliese boodskap gebring. Hy het ernstig met die mense gepraat oor die kortsheid van die lewe en die sekerheid wat elke person moet hê dat hulle weergebore is.

Dankbaarheid tot die Here

Ons dank die Here dat Hy teenwoordig was. Die atmosfeer was gewy en daar het doodse stilte geheers. Mnr Daniel getuig van ‘n jong seun wat gesit en teken het. Die oomblik toe hy begin preek het het hierdie seun opgehou teken en Mnr Daniel stip in die oë gekyk.

Opvolgwerk

Ek besoek baie van hierdie mense so u kan gerus bid dat die Here hierdie boodskap by hulle sal bly en dat daar vrug sal wees as ek hulle besoek.

Similar Posts