‘n Voëlhok, die waarde van ‘n moeder en ‘n bed in die straat

My huis is ‘n voëlhok

Ek het onlangs besoekwerk gaan doen in ‘n sekere dorp. Ek wou ‘n jongman gaan besoek maar hy was ongelukkig nie by die huis nie. Tog het dit my geskok dat hierdie man bly in wat lyk soos ‘n ou voëlhok. Die is wonderlik dat iemand vir hom verblyf gegee het. Mens bid dat daar meer mense sal wees wat bereid sal wees om mense ‘n plek te gee om te bly. Ek het vandag gelees van die ou man wat verblyf gegee het vir ‘n Levitiese reisiger (Rigters 19:17).

Die waarde van ‘n moeder

By een huis het ek aangegaan waar daar baie hartseer was. Hulle moeder is onlangs oorlede. Die huis is oud en donker en half vervalle. Die vrou het my in trane vertel hoe haar ma haar “Hero” was. Dit laat my dink aan al die kosbare moeders van die Bybel. Ek dink aan Simson se moeder, Samuel s’n, Moses s’n en selfs Maria die moeder van onse Here Jesus. ‘n Moeder is kosbaar.

‘n Bed in die straat

Ek het in ‘n ander dorp straatwerk gaan doen. Ek kon met ‘n paar mense die wonderlike Evangelie van die Here Jesus deel. Ek het met een jongman gesels wat onlangs sy werk verloor het. Sy baas was insolvent en kon nie sy salaris betaal nie. Dit weer het veroorsaak dat hy nie sy huur kon betaal nie en nou slap hy en sy verwagtende vroutjie op die straat. Ons lewe in moeilike tye waar dit nie net lui mensee is wat op die straat moet slap nie.

Hoe sal u iemand antwoord wat vir u vra, “Waar is God as ek hulp vra?” en “Was jy al in my situasie?” Mens se hart is gebroke en al wat ek kon sê is dat hy nie Hom, die Here Jesus, sal verwerp wat alleen hom in hierdie situasie kan help nie. Kan mens die evangelie met so iemand deel, opstaan, huis toe gaan en voel jy het jou werk gedoen?

Similar Posts