Straatwerk in Randfontein

Gister se treinuitreik na Randfontein was geseënd gewees. Ek kon n vroutjie opvolg waarmee ek n maand gelede meë gepraat het en kon heelwat traktaatjies uitdeel.

Op die trein vanaf Johannesburg na ons huis het daar n man wat dagga gerook het oorkant my gesit, langs hom was n man wat bier drink. Langs my was n ou apostel en aan die anderkant van my n man wat ernstig geluister het en langs hom n jongman wat in die tronk n ervaring met God gehad het.

Hoe wonderlik was dit nie om die wonderlike genade en liefde van Jesus aan hierdie klein groepie verlore sondaars te verkondig.

Bid asb dat die Here Jesus verheerlik sal word as ek môre in Secunda preek.

Similar Posts