Straatwerk in Clairmont

Ons was in Clairmont Johannesburg gewees vandag. Sjoe dis mense wat in nie die beste omstandighede bly nie. Woonstelblok op woonstelblok vol behoeftige mense.

Ons het heelwat baie geseende gesprekke gehad. Ek het 45 minute met ‘n vrou gesels oor haar siel. Sy het dit baie moeilik maar te midde van haar omstandighede soek sy die Here. Ek het gevoel dat sy soos Cornelius van Handeling 10 was en ons na haar gestuur is om aan haar die weg tot saligheid te verduidelik.

Bid asb vir die boekie wat ek skrywe. Ek is nou op bladsy 8 van 13. Ek het so gewens op verskeie geleenthede dat ek dit in my hand gehad het om vir die mense te gee.

Die Here is so goed en getrou! Seer voet maar ‘n hart wat uitroep “Halleluja!”

Similar Posts