Straatwerk Oostelike Gedeelte Van Jeppestown

Ons het vandag uitreik gedoen in die meer Oostelike gedeelte van Jeppestown Johannesburg. Ons het afgeklim by die George Goch stasie en geloop tot die Denver stasie. Dit is seker die mees vervalle area waarin ek nog gewerk het. Ek kon heelwat traktaatjies uitdeel en het die voorreg gehad om met baie mense kortliks oor Jesus te praat. Ek het ‘n lang gesprek met ‘n moslem man uit Malawi gepraat. Ek kon hom ‘n ChiChewa traktaatjie gee sowel as my boekie.

In die trein kon ons in nege verskillende kompartemente preek (seker naby aan 500 mense). Mens kan sien dat die mense luister. Ek kon ook vir so 50 tot 100 mense op die Germiston stasie preek. Dit is lieflik om so die Evangelie te verkondig.

Similar Posts