Wat gaan met jou gebeur as jy sterf

Wat ‘n geseënde dag was vandag nie gewees nie. Ek was verbaas hoeveel Afrikaanse mense in die gebied was waar ons gewerk het. Ek het met ‘n man gepraat. Ek het hom uitgedaag met die vraag, “Wat gaan met jou gebeur as jy sterf?” Met verbasing het hy my geantwoord, “Net laas week het ‘n pastoor by ‘n begrafniss dieselfde vraag vir ons gevra?” Ek kon kortliks met hom gesels. Dit was waarlik ‘n afspraak van die Here.

Ons kon met ‘n jongman praat wat op die straat bly. Dis nou regtig die laaste persoon wat mens sal dink gee enige iets om oor God. Hy vertel ons toe dat hy besig is om die Bybel deur te lees. Hy trek al in Ezekiel. Hy het so aandagtig geluister en die teenwoordigheid van die Here was daar gewees.

‘n Ander jongman het my gevra, “What miracle made you come to God?” Ek vertel hom toe van die grootste wonder, my wedergeboorte. Ons kon lank met hom praat en ek het lanklaas die teenwoordigheid van die Here so ervaar tydens ‘n gesprek. Mens kon letterlik sien hoe die Woord soos ‘n hammer die hart van klip stukkend breek.

Die Here is so goed en so groot. Ek besef net meer en meer dat die Bybel is genoegsaam.

Ek is baie dankbaar oor die boekie. Dit is wonderlik om te weet mens gee n persoon iets wat deeglik die Evangelie verduidelik. Ek wil baie graag die boekie in Afrikaans vertaal. As u kan help sal dit wonderlik wees. Bid asb dat dit moontlik sal wees.

Baie seen en liefde in die Naam van onse Here Jesus!

Similar Posts