Straatwerk in Milnerton

Baie dankie vir jou gebed vir my vandag. Ek het bykans 7km Milnerton toe en terug geloop en het n kosbare tyd gehad. Ek kon heelwat traktaatjies uitdeel.

Een getuienis wat ek wil deel is van n hawelose man Corrie. Hy het lank mense gevra vir n Bybel sonder om een te kry. n Paar dae gelede tel hy toe n Gideons Bybel op en was so dankbaar daarvoor. Ek het by hom gaan sit en met hom die Evangelie gedeel. Ek het hom ook n traktaatjie gegee. Dit was wonderlik vir my dat die Here n Bybel en n boodskapper na hierdie man gestuur het.

More gaan ek met n jongman praat wat ek n paar weke gelede op die trein ontmoet het. Hy het in n sekere geloof groot geword en is nou soekend na die Waarheid. Hy bly in Florida. Bid asb vir hierdie gesprek.

Bis ook asb vir die treine wat vanaf Johannesburg verby ons huis gaan. Dis n vreeslike gesukkel. Die trein was 1.5 ure laat vandag en het 3 maal op die lyn gaan staan.

Prys die Here. Met Hom is ons meer as oorwinnaars!

Similar Posts