Straatwerk in Brakpan

Dit was waarlik ‘n seën gewees om vandag sielewinning te gaan doen. Ons moes ‘n uur en ‘n half gewag het op Germiston vir die trein na Brakpan. Ek kon daar maar ‘n ouerige man en ‘n jong meisie die Evangelie deel. Die meisie se lewe is so stukkend. Ek kon net by haar pleit om Jesus as haar antwoord te aanvaar.

In Brakpan het ek met ‘n man gepraat wat 33 jaar oud was en op die straat bly. Hy het so oop en intelligente gesig gehad. Hy was baie maal naby aan trane soos ek hom uitgedaag het om Jesus te aanvaar. ‘n Ander man van 46 was vir 15 jaar in die tronk vir moord. Ek kon hom ook vertel van Jesus wat sy lewe kan kom verander.

Op die trein terug het ek met ”n man en sy vrou (meisie) gesels. Hy het erken hy is oppad hel toe. Ek kon hom uitdaag met die vraag: “Waarom is jy nogsteeds oppad hel toe?” hy ken die waarheid. Die antwoord is altyd maklik: Sonde is net te lekker.

Hierdie was almal Afrikaanse mense. Verder het ek baie traktaatjies in verskillende tale uitgedeel. Ons het weer afgeklim by die Angelo plakkerskamp en kon daar ook vir vele mense traktaatjies gee. Prys die Here vir die wonderlike Evangelie wat ons met ander kan deel.

Bid asb. Ek gaan more traktaatjies uitdeel in die midde van Johannesburg. Al moet ek alleen gaan brand die strate van Johannesburg in my hart. Ons koning Jesus kan daar die duisternis oorwin!

Similar Posts