AEB Pelgrims

Die Vierde dag van die studenteveldtog

Vroeg oggend agter siele aan

Ons was vroeg vanoggend op die pad na ‘n Hoërskool toe vir die vierde dag van die Glenvar Studenteveldtog. Die hele pad het dit gereën. Ons dank die Here so vir die reën en ons harte is gevul met die verlange:

Esegiel 34:26 En Ek sal hulle en die plekke rondom my heuwel tot ‘n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees.

Die opening was baie kosbaar gewees. Drie student het hulle getuienis van redding gelewer en die Here was waarlik teenwoordig. Uiteindelik het 10 gereageer op die boodskap en siele kon gewen word vir die koninkryk.

Kospakkiedag in Nigel

In die middle van die opening by die skool moes van ons na Nigel toe ry om daar op te tree by ‘n kospakkie dag. 30 baie behoeftige gesinne ontvang een maal per maand ‘n checkerssak vol kruideniersware deur die goedhartigheid van die SAVF. Dit was ‘n kosbare geleentheid waar die studente kon getuig en boodskappe in sang bring. Mnr Myburgh se boodskap het die harte diep geraak en drie mense het op die boodskap gereageer.

Verskillende ander skoolopeninge tydens die Glenvar Studenteveldtog

Daarna het ons verskillende ander openinge waargeneem. Die Here het elke opening ryklik geseën en ons prys Hom daavoor. Ons dank die Here dat Hy vir die Afrika Evangeliese Bond sulke opening gee.

Die student skrywe

Eben – Dit was wonderlik vir my hoe mense by die Here Jesus uitkom wat al jare net van Hom gehoor het.

Joreth – Dit was so lekker vir my om vir die kindertjies by die kospakkiedag net ‘n ou drukkie te gee.

Louis – Daar is net vyf woorde wat ek na vandag kan uitroep naamlik: Halleluja wat ‘n wonderlike Verlosser.

Maria – Ek kon saam met ‘n vrou bid vir redding by die kospakkiedag. Dit was kosbaar vir my hoe die Here teenwoordig was by die Hoërskool en hoe dwalende siele Hom gevind het.

Tarita – DIe kospakkiedag was baie geseënd gewees en ook die pousegeleentheid by die Hoërskool.

Heinrich – Ek dank die Here dat 10 mense agter gebly het by die een Hoërskool.

Elize – Had an amazing outreach today where so many souls came to salvation – I had the priviledge to pray with two souls for salvation.

Tyrone – Ek vra net dat ons vir al die siele sal bid wat by die Here Jesus uitgekom het.

 

Similar Posts