Straatwerk in Johannesburg

Wat n wonderlike tyd van uitreik die afgelope twee dae. Ek het Dinsdag alleen uitgegaan en vandag met n sendeling vriend.

Ek was in Westburry, Westdene, Newclare, Bosmont, Jeppetown, Berea, Doornfontein en Hillbrow en kon honderde traktaatjies uitdeel en met baie mense persoonlik gesels.

Ellende en nood is al hoe mens dit kan opsom. Mense met naalde in hulle arms, mense wat dronk is, mense wat onder in n afgebrande huis bly, aangename mense, godsdienstige mense en so kan ek aangaan.

Ek eer die Here dat daar mense gehoor het van Jesus wat op seker geen ander wyse sou hoor nie.

Bid asb saam dat die Here genadig sal wees en dat daar vrug sal wees op die arbeid.

Similar Posts