Wittenberg Africa Evangelistic Band

Kerkdienste, skoolopeninge en redding van kosbare siele

Redding van kosbare siele

Nadia skrywe:

Hier was ’n dame hier by ons huis so paar dae terug. Sy werk vir die regering ek het haar na die Here toe gelei. Kosbare dag sal dit nooit vergeet nie. Sy het gekom om die dorp te survey en so stap sy toe oor my pad en ek kry toe die geleentheid om haar na die Here toe te lei. Prys Sy Naam

‘n Dame van Nigel het Maandag 16 Mei haar saak met die Here reggemaak. Sy gee terugvoer dat sy voel asof sy sweef. Sy het met trane voor die Here gebuig en Hom aangeneem as haar Verlosser en Saligmaker. Sy het gevoel asof ‘n groot las van haar afgeval het.Kosbaar…

Die pelgrims bereik siele in Volksrust

Jan skrywe:

Saterdag die 7de is ons deur Volksrust toe waar ons ‘n opening die middag by ‘n kinderhuis gehad het. Toe ons daar opdaag was daar ook ‘n ander groep gewees van ‘n plaaslike kerk wat maandeliks na die kinderhuis kom om saam met die kinders te sing en speletjies te speel, ens. Ons het toe so bietjie met hul gestaan en gesels en hul was regtig opgewonde omdat daar was vir die volgende rede. In hul eie woorde het hul gesê dat hul so graag vir die kinders ‘n boodskap wil gee wat iets vir hul kan beteken en ‘n blywende effek op hul lewe kan hê maar hul weet nie hoe nie of wat hul vir die kinders kan sê nie daarom sing hul maar net liedjies en speel speletjies. Hoe wonderlik tog nie om te weet dat ons ‘n Boodskap het waaroor ons ons nie hoef te skaam nie maar met vrymoedigheid kan verkondig! ‘n Evangelie wat harte kan verander en mense se kosbare siele van die verdoemenis kan red!!

Sondag het ons ‘n geleentheid by die Ags kerk gehad om hul kinderdiens waar te neem. Louis en Daniël was daar teenwoordig terwyl Jan die EG Kerk besoek het. Van Maandag die 9de tot Donderdag die 12de het ons deurgaans openinge waargeneem by die laerskool, twee hoërskole, verskillende kleuterskole en ook die ouetehuis. Beide die laerskool en die hoërskool in die dorp was geleenthede tydens pouse wat natuurlik vrywillig vir die kinders is. Die Here het egter so onderneem, by die laerskool het feitlik die hele skool gekom, oor die driehonderd kinders het saamgepak in die saal gesit, almal daar omdat hul daar wil wees, baie meer as gewoonlik het die onderwysers na die tyd vir ons gesê. Ons het dieselfde by die hoërskool beleef, waar daar gewoonlik net ongeveer vyftien kinders gewoonlik die geleentheid bywoon was daar oor die veertig kinders en die klaskamer was vol. ‘n Paar dae later het ons toevallig weer te doen gekry met een van die leerders wie ook teenwoordig was en het baie posititewe terugvoer gekry oor die reaksie van die kinders na die boodskap waarvoor ons baie dankbaar is. Die ouetehuis was eintlik maar ‘n baie hartseer situasie gewees, die oumensies sit almal daar in sitkamer saam en praat amper nie eers met mekaar nie. Staan net op om te gaan eet of om weer in die bed te klim. Een tannie het onbedaarlik aan die hoes gegaan onder die boodskap, tientalle glase water kon niks aan haar toestand doen nie. Na die diens het ons so bietjie tyd saam met hul spandeer om te gesels en te hoor hoe dit met hul siele staan. Die blydskap en waardering op hul gesigte vir die tyd wat ons saam met hul spandeer het was hartverskeurend om die minste te sê. Tog wat so baie keer die hartseer geval is was daar geen berou oor sonde, geen gewilligheid om als te laat staan en onsself op die Here te werp nie, ‘n gesindheid wat maar al te duidelik geblyk het uit ons gesprekke met elkeen van hulle. Toe ons daar uitstap is ek met so ‘n las gevul om hul aan die Here op te dra dat Hy hul tog sal bereik voor dit te laat is en ons vertrou dat Hy dit ook sal doen.

Donderdag het ons ‘n nuwe opening gekry by ‘n hoërskool net buitekant die dorp in die arm woongebied. Daar was meer as ‘n duisend kinders saamgepak in die vierkant en ons het net vyf minute met hul gekry. Daniël het die boodskap gebring en die Here het weereens oorheers op die dissipline area sodat al meer as ‘n duisend kinders die boodskap duidelik gehoor het. Dieselfde oggend het ons ook twee kleuterskool openinge waargeneem waar ons weereens baie hartlik ontvang is en gevra is om weer terug te kom.

Similar Posts