Ermelo en Amsterdam

Louis en Daniel soek openinge vir April toer

Ses weke toer in April en Mei

Louis en Daniel het ‘n paar dae deur ons distrik gevlieg om opening te soek vir ‘n langer toer wat in April gaan begin. Vir ses weke gaan hulle weer dieselfde dorpe besoek maar dan gaan hulle heelwat langer in elke dorp bly. Louis het hier geskrywe oor die eerste gedeelte van hierdie kort toer.

Wakkerstroom

Hulle week het begin deur om na Wakkerstroom toe te gery.  Daar het hulle ’n Tannie besoek wat hulle verlede jaar genooi het om by haar gastehuis te bly.  Daniël het ’n geestelike gesprek gevoer met haar dogter. Sy’t ons vertel van haar Tannie wat haar niggie tuisskool op ’n plaas. Hulle het gedink dis dalk ’n goeie geleentheid vir nuwe AEB-vriende.

Braunschweig, Augsburg, Lüneburg en Wittenberg

Hulle het by Braunschweig, Augsburg, Lüneburg en Wittenberg opening gaan soek.  Hierdie is klein duitse gemeenskappe wat in die ooste van ons distrik geleë is. Die ontvangs was baie goed en hulle kon opening reël by van die skole. Daar was ongelukig een gemeenskap wat hulle geweier het omdat die Afrika Evangeliese Bond glo in die wedergeboorte.

Piet Retief, Amsterdam en Ermelo

Piet Retief, Amsterdam en Ermelo was ook baie oop vir hulle. Dit is wonderlik om te sien die hoeveelheid opening wat hulle kon kry. Veral in die area van Piet Retief lyk dit of die Here Jesus ‘n plan het vir die werk van die AEB.

U moet waarlik bid dat die Here ons sal lei om Sy wil te doen en dat kosbare siele by die kruis sal uitkom. Die oesveld is waarlik ryp. Die behoefte van ons tyd is so groot maar deur die krag van die Here kan ons ‘n verskil maak.

 

Similar Posts