‘n Kosbare reeks dienste by die EG Kerk Westdene met Mnr Keith Daniel

Die leiding van die Here

Die EG Kerk Westdene is ‘n klein gemeente in Johannesburg. Die predikant’s paar is Danie en Karin Klopper. Hulle is baie braaf om in relatiewe moeilike omstandighede die evangelie van die Here Jesus Christus te verkondig.

Die Here het ons gelei om ‘n reeks dienste saam met die international spreker Mnr Keith Daniel in die gemeente te hou en hoe dankbaar is ons nie tot die Here vir hierdie geleentheid nie.

Die gemeente

Die gemeente is nie baie groot nie. Tog maak hulle liefde op vir hulle grote. Van die eerste dag af het ons ervaar dat hulle ons in hulle harte opgeneem het. Ek het ook ‘n ware soeke na die Here gevind onder hulle. Dit was so kosbaar gewees.

Die Reeks dienste

Die Here het so deur die prediking van Mnr Keith Daniel onder die mense gewerk. Bykans die hele gemeente het een of ander tyd uitgekom om ‘n vars ontmoeting met die Here Jesus te ontvang. Van die lede het uitgekom om vir die eerste keer met die Here Jesus te kom ontmoet. Die Here was by elke geleentheid teenwoordig.

Karin het teenoor my getuig dat hulle so gebid het dat die Here in die gemeente ‘n oplewing sal bring. Hierdie reeks dienste was net waarvoor hulle gebid het. Is dit nie kosbaar hoe die Here ons kom bemoedig met Sy teenwoordigheid nie.

Johannes 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

Similar Posts