Keith Daniel in Westdene

Keith Daniel in Westdene: Eerste dag van die reeks dienste

Agtergrond

Westdene is ongelukig ‘n area wat besig is om agteruit te gaan. Dit is relatief gevaarlik. Te midde van hierdie omstandighede is die Klopper gesin as Dominee paar van die EG Kerk Westdene ywerig besig om die area te bearby met die evangelie. Daarom is dit vir die Afrika Evangeliese Bond Suid-Oostelike distrik so ‘n groot voorreg om saam met Mnr Keith Daniel en die EG Kerk Westdene te kan werk.

Eerste dag van Keith Daniel in Westdene

Die twee dienste wat ons Sondag 7 Februarie in die Westdene gemeente gehad het was absoluut kosbaar. Die Here het Mnr Keith Daniel as Sy mondstuk gebruik om die evangelie kragtig te verkondig. Duidelik het hy aan die mense verduidelik uit Johannes 3 dat ‘n mens nie n kind van God gebore word nie. Wanneer jy gebore word is jy maar net ‘n kind van jou pa en ma. Dit is eers as God jou kom wederbaar dat jy Sy kind word. Vyf mense het gereageer op die boodskap.

Kosbare vrug

Ek het die voorreg gehad om saam met een man te bid vir redding. Hy het eerlik met my gepraat en vertel hoedat hy vir veertien jaar gedink het hy is gered maar dat die Here op hierdie dag vir hom gewys het dat hy nog nooit werklik tot wedergeboorte gekom het nie. Hy was verheug nadat hy gebid het en met sekerheid kon sê dat hy nou weet dat hy ‘n kind van God is.

Johannes 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Similar Posts