AEB Louis by skool

AEB Pelgrimtoer Standerton

AEB Pelgrimtoer Standerton

Vrydag die 22ste was ons laaste dag in Grootvlei gewees en ons het die dag sommer lekker vroeg begin met ‘n dagbreek bybelstudie saam met die plaaslike dominee en ‘n klompie boere van die omgewing op een van die boere se plaas. Dit was regtig ‘n besonderse ervaring om so in die vroeë oggendure die Woord van die Here saam te kon bestudeer terwyl die son sy eerste strale wys en die ryp wit op die gras lê. Na nog een ander besoek het ons in die pad geval na Secunda waar ons die nag net oorgeslaap het voor ons Saterdag ‘n troue naby Middelburg bygewoon het. Sondag het ons deurgery na Standerton waar die eintlike verhaal begin. Net voor ons daarmee begin moet ek egter net melding maak van een ander geleentheid. Oppad Secunda toe het ons weer ‘n draai by ‘n tannie gaan maak wie my twee medewerkers ‘n paar maande terug in die dorp ontmoet het. Hul ontmoeting was, sal ons sê, tipies van klein dorpies in die hedendaagse Suid-Afrika, hul het by haar gestop om haar te help om die slaggate in die pad voor haar huis op te vul!! Sy was baie bly om ons, of tewel, hulle weer te sien en ons het ‘n goeie tydjie saam met haar spandeer en ook ‘n belofte van verblyf by haar verkry vir die toekoms. So bly die Heer getrou en voorsien Hy op die regte tyd.

Die Maandagoggend het ons drie skoolopening in ‘n ry gehad, een by ‘n laërskool, by ‘n hoërskool, en by ‘n spesiale skool vir seuns. Die Here het werklik so wonderlik vir ons onderneem, by al drie die geleenthede is ons gevra om weer terug te kom en kon ons werklik ervaar dat die Here onder die kinders werk. Toe ons by die hoërskool wou vertrek het talle kinders hul hande deur die ruite van die motor gesteek om ons te groet en om dankie te sê dat ons gekom het. Ook verskeie van die onderwysers het kom dankie sê vir die boodskappe. Die gebed van ons harte is maar net dat die Here die naprediker van Sy Woord sal wees en dat siele na Hom sal kom. Alle eer aan die Here!!

 

Similar Posts