Daniel van die AEB preek in Piet Retief

Piet Retief en Pongola

Piet Retief

Die Here Jesus het ons tyd hier in Piet Retief kom seen. Wat ‘n voorreg is dit nie om elke dag by verskillende geleenthede die Evangelie van die Here Jesus te verkondig nie. Ons kon vandag by twee verskillende geleenthede in die gebied preek en more hhet ons die voorreg om by nog ‘n skool te preek. Woensdag preek ons by die ouetehuis en Donderdag weer by ‘n skool. Eintlik preek ons elke dag by ‘n spesifieke duitse skool. Ons eer die Here vir hierdie geleenthede.

My eerste besoek aan Pongola

Pongola is ‘n dorp wat ek nou al vir meer as drie jaar verbygaan sonder om te besoek. Hierdie dorp is 100 km van Piet Retief af en ons moet letterlik die werk daar opnuut begin. So het ons die pad geneem vandag na Pongola vanaf Piet Retief.

Terwyl mens ry kan mens duidelik sien hoe die plantegroei verander. Die weer verander ook dramaties. In Piet Retief is dit winter maar dit voel hoog somer in Pongola. Hulle sê die weer is onuithoudbaar in die somer. Dit is lagwekkend dat ons vir almal sê hoe warm ons kry maar die locals sê dis huidiglik heerlike weer.

Deur die genade van die Here het ons een man gevind wat nog die AEB ken. Dit is ook wonderlik hoedat hy vir ons verblyf aangebied het. Dus het ons ‘n voet in die deur om die Evangelie daar te begin verkondig. Prys die Here! Mag die Here ons lei om in die hele omgewing by kosbare siele uit te kom. Dit bly ons begeerte dat daar baie mense sal ontdek dat:

Johannes 10:10 …Ek (Jesus) het gekom, dat hulle (die hele wêreld) lewe en oorvloed kan hê.

Die moontlikheid is daar maar ongelukkig verwerp baie die uitnodiging va die Here Jesus. Ken u Hom?

Similar Posts