4de Januarie Plek van Rus

4de Januarie – Plek van rus

‘n Plek van rus

4de Januarie

Lei my vanoggend Here Jesus

Plek van Rus – stilte in die gewoel

Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat die HERE jou God jou sal gee nie.

Nie hiér is die rusplek nie — Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God — tot binnekant die voorhangsel waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het…

In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. — met Christus… want dit is verreweg die beste.

God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan — Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.

Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel… want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. — Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Deuteronomium 12:9; Miga 2:10; Hebreers 4:9; Hebreers 6:19,20; Johannes 14:2,3; Filippense 1:23; Openbaring 21:4; Job 3:17; Mattheus 6:20,21; Kolossense 3:2

Deut 12:9; Miga. 2:10; Heb 4:9; Heb 6:19,20; Joh 14:2,3; Fil 1:23; Openb 21:4; Job 3:17; Matt 6:20,21; Kol 3:2

Lei my vannaand Here Jesus

Plek van Rus – oorwinning oor sonde

Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

Die angel van die dood is die sonde — Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het, dit is die duiwel; en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid…

1 Korinthiers 15:55; I Korinthiers 15:56; Hebreers 9:26-28; Hebreers 2:14,15; 2 Timotheus 4:6-8.

1 Kor 15:55; 1 Kor 15:56; Heb 9:26-28; Heb 2:14,15; 2 Tim 4:6-8

Lei my deur u knegte

Plek van Rus – my beste vir Jesus…

“Toe het Maria ’n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet …” Johannes 12:3.

Wil jy graag uit liefde die aangename geur van Christus laat versprei? Maria se hartsverlange was altyd weer terug na sy voete, waar sy aandagtig geluister het totdat sy die doel van sy koms en die manier van sy offer beter as enige van sy dissipels begryp het. Toe sy die kans kry, het sy haar geurigste liefdesoffer – ’n blyk van haar volkome en onvoorwaardelike oorgawe – op Hom uitgegiet! Die “beste deel” wat sy reg aan die begin uitgekies het, het steeds dieper wortel geskiet en weelderiger gegroei tot ’n geurige liefdesboom wat sy egte, kosbare vrug op die regte oomblik in die vorm van geurige salfolie – sonder ophef of geraas – beskikbaar gestel het, sonder dat Jesus spesifiek daarvoor gevra het. Sý offerliggaam het sy vooruit, met die oog op sy dood en begrafnis, gesalf. Ander vroue wat dit ná sy kruisiging wou doen, was té laat; Hy het toe reeds uit die dood opgestaan!

Maria gee haar beste

Vir Maria was die beste deel wat sy uitgekies het, die enigste wat haar eie hart kon versadig en haar liefde kon laat blom en gedy. Toe dit ook moes bloei, soos ware liefde dit graag vrywillig en dikwels wil doen, was daar ’n stroom van geurige olie wat nie net sy liggaam verheerlik het nie, maar ook sy hart versadig het.

Só ’n daad lok onvermydelike kritiek uit – eers deur haar eie suster en toe deur sommige dissipels, maar Jesus kies elke keer haar kant en sê hier dat sy ’n “goeie werk” aan Hom gedoen het. Praat van goeie werke – hierdie was die énigste wat Jesus ooit só spesifiek uitgesonder en geprys het. Maria het min gepraat en beweeg, maar baie gedoen; sy gee Hom vooruit haar skoonste en geurigste “blomme” vir sy begrafnis. Toe maak Hy háár offer ’n deel van sy evangelie wat nooit begrawe sal word nie, deur te sê dat oral waar die evangelie verkondig sal word, daar ook gepraat sal word van wat sy gedoen het. Hy is Koning – daarom die olie in aanbidding op sy kop (Mark.14:3). Hy is ook die Dienskneg – daarom die res met waardering op sy voete (Joh.12:3)!

Haar beste is vir Jesus en nie vir mense nie

Elkeen wat Hom só salf, mag volgens mense alles nutteloos verkwis, maar kan vir seker weet: Jesus waardeer dit innig en sien só ’n offer onmiddellik raak. Hy sal dit nooit verwerp of misbruik nie!

Pieter Scholtz

Januarie

Similar Posts